Category: Newsletter

  • Nuusbrief 6 in 2016

    Nuusbrief 6 in 2016

    Ek lees onlangs dat ons met die kos wat ons in Suid-Afrika weggooi, letterlik miljoene mense kan voed. In ‘n onlangse gesprek vertel iemand vir my ook hoe ‘n half ton joghurt by ‘n aanleg weggegooi is as gevolg van ‘n  elektromeganiese prosesseringsfout, en hoe dit nie as iets te ernstigs beskou word nie. As ek by besighede kom, is ek soms verbaas hoe baie mense totaal onderbenut word en hoe tyd en energie gemors word. (more…)

  • Nuusbrief 5 in 2016

    Nuusbrief 5 in 2016

    Ek was onlangs by ‘n bistro vir ‘n ontbyt. Die diens was traag, die koffie en kos middelmatig. Verskeie kere moes ons navraag doen oor ons bestellings. Toe dit by die rekening kom, het ek besluit om ‘n baie klein fooitjie te gee – mens beloon mos nie swak diens nie. Ek verduidelik toe hoekom ek ongelukkig is en daar bars die dam: hulle maak harte oop en vee trane af.  (Dit gebeur baie keer met my. Ek wou raas en kla maar hier word ek die trooster.) (more…)

  • Nuusbrief 4 in 2016

    Nuusbrief 4 in 2016

    So ‘n klompie jare gelede het Mariëtte, my vrou, begin sukkel met erge pyn in haar skouer en arm. Sy is van bakboord na stuurboord om hulp te kry – onder andere by ‘n fisioterapeut,  ortopede, ortopediese sjirurg, biokinetikus, toraksspesialis en ‘n narkotiseur wat in pynbestuur spesialiseer. Sy kon nie meer skoolgee nie, moes ophou klavier speel, kon nie wasgoed ophang nie ensovoorts… Haar lewe is deur pyn en die newe-effekte daarvan erg aan bande gelê. (more…)

  • Nuusbrief 3 in 2016

    Nuusbrief 3 in 2016

    Ek weet nie van jou nie, maar soms voel ek ek was heeldag besig en het niks van die dinge gedoen wat ek wou nie! Dit is oukei as dit gebeur wanneer ek lui-lekker op vakansie is, maar raak ‘n probleem as my werksukses of ander mense se vooruitgang van my uitsette afhang.

    Soms is dit eenvoudig ‘n kwessie van tydsbestuur. Ek het deur die jare ontdek dat die volgende 5 stappe die basiese dinge is wat ons nie kan ignoreer nie: (more…)

  • Nuusbrief 2 in 2016

    Nuusbrief 2 in 2016

    Pessimisme verlam ‘n mens, Optimisme kan mislei, Realistiese Optimisme bring energie en kreatiwiteit en oplossings…

    Gedurende die laaste maand het ‘n paar mense gevra dat ek hulle deur ‘n dinkproses oor ons land moet fasiliteer. Heelwat mense is regtig gespanne en erg bekommerd oor die afwaartse rigting waarin baie dinge in ons land gaan. Wetgewing en regulasies, soos dié oor onteiening, lone, tenderprosesse, indiensneming, rasse- en geslagskwotas, BEE, maatskappy bestuur (governance) en so aan, maak besigheid vir sakemense baie moeilik. Daarmee saam kom die korrupsie, werkloosheid, bevolkingsontploffing in die land, saam met die sinlose stroping van die staatskas en hulpbronne. Rasseverhoudinge,  onderlinge vertroue en samewerking is in baie opsigte op ‘n laagtepunt. En ons universiteite en kolleges sukkel om te midde van al die druk en politiekery onderrig te laat voortgaan. En dan ervaar ons nog ‘n kwaai droogte ook! (more…)