Category: Newsletter

  • Nuusbrief 11 in 2016

    Nuusbrief 11 in 2016

    Jy het seker ook al die sogenaamde “swart hond” leer ken – in jou eie lewe en in dié van ander? Hulle noem hom Depressie. Hy steel jou vreugde en geluk, dreineer jou energie en moed, klim in jou kop in en sit groot donkerbrille op jou oë, hou jou uit die slaap of laat jou te veel slaap, ondermyn jou selfvertroue en vrymoedigheid, maak jou knorrig en onvriendelik, laat jou soms alleen en verlate voel, maak dat jy ander mense en nuwe geleenthede wil vermy, laat jou moedeloos en negatief voel, laat dinge sinloos en donker voel, en dreineer stukkie vir stukkie die lewe uit jou uit. En die intensiteit hiervang hang af hoe ver die “swart hond” in jou lewe veld gewen het of nie. (more…)

  • Nuusbrief 10 in 2016

    Nuusbrief 10 in 2016

    Ek het onlangs in ‘n boodskap oor Josua 1:1-9 oor die “fear-factor” gepraat. Daartydens het ek ‘n clip van Bethel Music “No langer a slave to fear” gespeel. Sonder uitnodiging en voor my boodskap klaar is, het mense begin vorentoe stroom vir hulp en gebed – die eerste keer in my lewe dat dit só met my gebeur. Dit was sekerlik die Heilige Gees, maar ek dink nog ‘n rede is dat baie mense sukkel met vrese (ek en jy is dus nie alleen nie). Luister gerus na die lied wanneer jy ‘n kans kry:  https://www.youtube.com/watch?v=3SZnQfALk8U. (more…)

  • Nuusbrief 9 in 2016

    Nuusbrief 9 in 2016

    Een van die kursusse wat ek in die markplek aanbied gaan oor “Your Inner Compass” (jou innerlike kompas). Dit handel eintlik oor Spirituele Intelligensie (SQ). Anders as wat sommiges verwag, gaan dit nie soseer oor jou “godsdienstigheid” (religion) nie. Dit gaan meer oor dinge soos jou karakter, waardes en etiek, en dit wat jou deurdra as jou lewe deur ‘n storm gaan. En dan nog dieper: jou lewensdoel (purpose of life) en dit wat jou lewe sin en vervulling gee. Hoe jy onthou wil word, watse nalatenskap (legacy) jou lewe sal hê wanneer jy nie meer hier is nie – met ander woorde, die verskil wat jy wil maak in die tyd tussen jou geboortedatum en jou sterfdatum. (more…)

  • Nuusbrief 8 in 2016

    Nuusbrief 8 in 2016

    ‘n Vriendin van ons vertel dat sy haar werk wil bedank, want sy kan dit nie meer uithou met haar baas nie. Dis nie meer lekker om werk toe te gaan nie, sy weet nie wat van haar verwag word nie, voel nie sy word waardeer of toegelaat om inisiatief te neem nie. Haar passie en gevoel van betekenisvolheid (significance) het gekwyn. En tog hou sy eintlik geweldig baie van wat sy doen. (more…)

  • Nuusbrief 7 in 2016

    Nuusbrief 7 in 2016

    Mariëtte is tans besig om ons televisiekamer te verander – nuwe meubels, ander mat, tafeltjie, nuwe TV en TV-kas en so aan. En ek moet erken, die proses maak my by tye meer ongemaklik as opgewonde. Al was die ou dinge nogal… wel, oud. (more…)