Category: Newsletter

  • Nuusbrief 8 in 2015

    Nuusbrief 8 in 2015

    Dit is erg hoe beurtkrag vir baie van ons huishoudings, maar veral vir besighede in die vervaardigingsbedryf, ‘n groot uitdaging en ontwrigting is. Vir baie besighede is dit deesdae ‘n groter bedreiging as misdaad. Dit noop ons om die werklikheid in die oë te kyk en dit ten beste te bestuur. Party kry dit reg, ander nie. Om dit te ontken of net te kla, gaan egter nie help nie. (more…)

  • Nuusbrief 7 in 2015

    Nuusbrief 7 in 2015

    Margaret Hefferman vertel van ‘n eksperiment wat William Muir gedoen het. Hy het ‘n groep middelematig produktiewe hoenders bymekaar gesit en vir ‘n tyd lank op hulle eie gelos. Hulle het oukei geproduseer (= eiers gelê). ‘n Ander groep het bestaan uit hoenders wat individu vir individu super-presteerders was. Aan die einde van die eksperiment was egter net drie van hierdie laaste groep oor na die sterkstes die ander doodgepik het. Die les: middelmatige spanlede wat saamwerk, kom baie verder as die “superhoenders” met hulle opgeblaasde ego’s en hulle strewe om mekaar te probeer uitpresteer. (more…)

  • Nuusbrief 6 in 2015

    Nuusbrief 6 in 2015

    Tydens my ontbyt in ‘n gastehuis merk ‘n senior persoon in ‘n konstruksiemaatskappy teenoor my op: “Construction is simple. We are the ones that complicates it”. Ek onthou dat Leo Buscaglia dieselfde oor die lewe gesê het: “Life is simple. We are the ones that complicates it.” Ons lewens raak ingewikkeld wanneer dinge soos ego’s, kleinserigheid, verdraaide waardes, leuens, korrupsie en ander onetiese gedrag, asook misverstande en swak kommunikasie, en onduidelike verwagtinge dit moeilik maak om mekaar te vertrou en saam te werk. (more…)

  • Nuusbrief 5 in 2015

    Nuusbrief 5 in 2015

    Die afgelope maand het ek opnuut besef hoe belangrik karakter en waardes is. Dit maak dat ons mekaar kan vertrou en ‘n pad saam kan stap. Wanneer vertroue ontbreek, voel dit onveilig en is samewerking baie moeilik.

    ‘n Sterk opkomende leier in wie baie belê is en wat nou al 8 maande deur my gecoach is, is afgedank omdat hy van die maatskappy se produkte gesteel en verkoop het, en toe ook gevang is vir dronkbestuur. Die hartseer is dat hy, volgens sy eie getuienis aan my, ‘n jaar of wat terug tot bekering gekom het en besluit het om sy lewe reg te ruk, kerklik betrokke te raak, sy gesin goed te lei, ‘n goeie eggenoot te wees en sy werk goed te doen. Wat ‘n skok en teleurstelling vir so baie mense wat na aan hom gelewe het en hom vertrou het! (more…)

  • Nuusbrief 4 in 2015

    Nuusbrief 4 in 2015

    I know some of the readers of this newsletter are English speaking. So I decided to write in Afrikaans and English this time. Please feel welcome to give feedback and make suggestions about this. Maybe in the future I should consider writing one newsletter in Afrikaans and one in English?

    Dit bring my by die onderwerp van verandering… Meeste van ons hou nie daarvan nie, want gewoonlik beteken dit om sekerhede agter te laat en jouself oop te stel vir ander dinge wat tot nou toe vir jou “anders”, vreemd en onbekend is. Soms bring verandering gevoelens van verlies, angs en onsekerheid. Daarom help dit om die fases van verandering te kan herken: (more…)