‘n Direkteur van ‘n groot maatskappy vra my in ‘n bemarkingsessie die volgende vraag: “Maar vind jy werklik dat mense kan verander?†Verder in die gesprek kom ek toe agter dat hy ernstig wonder of al die opleiding en coaching wat ons doen, regtig die moeite werd is. Word mense waarlik gehelp om te groei en te verander, of is meeste mense nie maar net “so gemaak en so laat staan†nie? (more…)
Category: Newsletter
-

Nuusbrief 12 in 2015
Ek praat ‘n paar dae terug met ‘n vrou diep in haar veertigs. Sy is twee keer geskei, het een man aan die dood afgestaan, is weens skuld op die swartlys en onder administrasie. Deur baie swaarkry, min geld en baie planne maak het sy in die proses vyf kinders grootgemaak. Sy is ‘n admin klerk en weens haar skuldprobleme besit sy nie ‘n kar of ‘n huis nie. Sy het geleer om elke keer weer op te staan – en soos sy dit noem, “sonder issues†aan te gaan. Tog is daar lewe in haar oë en kan sy lekker uit haar maag uit lag. Ek hoor nie bitterheid of minderwaardigheid nie. Net blymoedigheid, positiwiteit en hoop. (more…)
-

Nuusbrief 11 in 2015
Die studente-betogings het baie van ons geruk. Aan die een kant het ons simpatie met hulle en die probleme wat hulle uitwys, aan die ander kant maak die vandalisme, geweldadigheid en finansiële uitdagings ons bekommerd. Een ding wat ek besef het, is dat ek mooi moet luister. Jongmense, swart én wit, het kom sê daar is groot fout met hoe ons land werk en gelei word. (more…)
-

Nuusbrief 10 in 2015
Verlede maand het ek vertel hoe ons ego’s (ons gewonde of aangeleerde of gefabriseerde self) in die pad kan kom van ons ware self. Ons ego’s lê ons aan bande en weerhou ons daarvan om werklik dié mense te wees wat ons bestem is om te wees. Ons word maklik vasgevang in ‘n lewenspatroon waarin jy probeer om die ego of “valse self†in stand te hou. En so mis jy uit op die lewe waartoe Jesus jou (reeds op aarde) wil bevry en in staat stel. (Lees gerus weer laasmaand se post op my blog.) (more…)
-

Nuusbrief 9 in 2015
Om ‘n leier (of ouer) te wees, is om in ‘n taamlike warm stoel te wees – dit sluit in: moeilike besluite, hoë stresvlakke, kritiek, en ook bestuur van onsekerhede, risiko’s en veranderinge. Om die warm stoel op ‘n gesonde manier en volhoubaar te hanteer, moet jy inherent gesond en gelukkig wees en funksioneer. In my veld praat ons van “authenticity†en “realness†(outentiekheid en egtheid). (more…)
