Die afgelope tyd het die tropiese storm Harvey oor Louisiana gewoed en miljarde dollars se skade berokken. Intussen word mooi stories vertel oor dapper mense wat dapper dinge gedoen het.
“When the going gets tough, the tough gets goingâ€. (more…)
Growing people. Growing business.

Die afgelope tyd het die tropiese storm Harvey oor Louisiana gewoed en miljarde dollars se skade berokken. Intussen word mooi stories vertel oor dapper mense wat dapper dinge gedoen het.
“When the going gets tough, the tough gets goingâ€. (more…)

Ek is onlangs deur iemand gekontak om hom te help. Sy besigheid sukkel en dit lyk of die drome wat hy daaroor gedroom het en waarvoor hy so hard gewerk het, nie gaan realiseer nie. Ek ken daai gevoel – of dit nou dinge met jou werk, huwelik, gesondheid, kinders of wat ookal is wat skeef loop – jy voel ontnugter, ontmoedig, moedeloos en hopeloos. (more…)

Prediker sê dat wat is, was alreeds. En dit is sekerlik waar van baie dinge, maar tog is die spoed waarteen baie dinge tans verander ongekend.
Op die afgelope Wêreld Ekonomiese Forum (in Maart 2017) was die tema “The Fourth Industrial Revolutionâ€. Die ontwikkelinge het ‘n pad geloop van Meganisering na Elektrifisering na Outomatisering en nou kom Digitalisering. Die konsensus is dat ‘n nuwe wêreld aan die ontwikkel is, ‘n wêreld waarin die wese van menswees en die samelewing aan die verander is. Dit raak alles: ons privaatheid, hoe ons mense sal ontmoet en verhoudinge sal koester, hoe ons koop en verkoop, hoe en waar ons bly, ons kommunikasie, loopbane, hoe oud mense gaan word, vervoer, hoe ons breine en denkprosesse verander, en gevolglik hoe ons betekenis aan ons bestaan op aarde sal (probeer) gee. (more…)

Een van die dinge wat deel van die lewe is, is om foute maak – want ons is feilbare mense. Ek sê baie keer vir mense in coaching dat die grootste of slegste fout wat jy kan maak, is die fout waaruit jy nie leer nie. Wanneer ons vasval in foute en die gevolglike probleme kan ons op ‘n paar maniere daarop reageer: (more…)

Na president Jacob Zuma se parlementskommeling en die land se finansiële afgradering na Rommelstatus, noem ek teenoor ‘n swart vriend by die kerk dat “things are now really falling apartâ€. Sy spontane antwoord was: “Maybe they are falling in place?â€.
Dit is natuurlik die meer Bybelse antwoord omdat ons lees dat alles “ten goede meewerk vir dié wat die Here liefhet†(Rom 8:28). “Ten goede meewerkâ€? Ja, want daar is mos ‘n groter plan wat ons nie altyd verstaan of nou al sien nie. Mnr. Jacob Zuma mag president van die land wees, maar God is Koning oor sy Koninkryk, wat beslis Suid-Afrika insluit. (more…)