‘n Wonderlike oom wat al jare ons karre diens, het laasweek na ‘n huwelik van 51-jaar sy vrou aan die dood afgestaan. Hy sê: “Dit is ‘n lang tyd saam en tog voel dit of die tyd verbygevlieg hetâ€. Hy het saam met van sy kinders na foto’s gekyk en met dankbaarheid van die mooi tye in herinnering geroep. Volgens hom was daar soms moeilike tye, maar in geheel is dit ‘n positiewe en mooi storie van saam dinge doen en saamstaan. Die oom is hard geslaan, maar beslis nie platgeslaan nie. En selfs dankbaar – nie oor haar dood nie, maar oor die mooi wat was! (more…)
Category: Newsletter
-

Nuusbrief 6 in 2018
Onlangs, gedurende ‘n tawwe 80km bergfietswedren het ek en ‘n vriend gefilosofeer oor hoe ons die dag ons energie sal bestuur. Hier is van die taktieke waarop ons besluit het:
- Geniet die afdraendes – en laat waai.
- Vat dit gemaklik met die opdraendes – trap eerder in ‘n hoër rat makliker en vinniger as wat jy stadiger trap maar baie meer krag moet gebruik. (Ons maak mos so met ons karre ook.)
-

Nuusbrief 5 in 2018
So elke nou en dan word ons gekonfronteer oor die toekoms en hoe geweldig anders dit kan wees as enigiets waaraan ons nou gewoond is. Hulle praat van ontwikkelingspronge wat meebring dat ons heelwat veranderinge sal moet prosesseer en hanteer. (more…)
-

Nuusbrief 4 in 2018
Die Engelse gesegde lui mos: “The road to hell is paved with good intentionsâ€.  So klompie jare terug het ek die eerste eerste keer van die sogenaamde “execution gap†(deurvoer-gaping) gehoor. En toe het ek die volgende waarnemings begin maak: (more…)
-

Nuusbrief 3 in 2018
Dit help nogal om die regte gereedskap te hê. Jy kan skroewe in- en uitdraai met ‘n tafelmes, maar ‘n skroewedraaier werk beter en vinniger… Dieselfde geld vir gereedskap om alledaagse probleme op te los.
Een van die stukke “gereedskap†wat ek my kliënte leer, is die G-R-O-W-model. Ek was verstom toe ek hoor hoe ‘n man as leier in sy gesin en wyer familie die proses gebruik het om groot familie-probleme te hanteer. Hulle bejaarde ouers was vasgevang in soveel gesondheids- en emosionele probleme dat die horison donker gelyk het en baie spanning op verhoudinge gelaai het. Hy (kom ek noem hom John) het in die kar geklim, oor die 500 km gery. (more…)
