Nuusbrief 6 in 2017

Een van die dinge wat deel van die lewe is, is om foute maak – want ons is feilbare mense. Ek sê baie keer vir mense in coaching dat die grootste of slegste fout wat jy kan maak, is die fout waaruit jy nie leer nie. Wanneer ons vasval in foute en die gevolglike probleme kan ons op ‘n paar maniere daarop reageer:

  • Slagoffermentaliteit: Jy kla, bejammer jouself en blameer ander en omstandighede vir die fout, en neem nie self verantwoordelikheid nie. Die gevolg is dat jy vashak en redelik lank neem om die probleme op te los en uit die “gat” te kom.
  • Ontkenning: Jy maak asof die fout en sy gevolglike probleme nie bestaan nie. Maar dit werk ook nie. Die realiteite is steeds daar en moet gehanteer word. En op hierdie manier bly ook redelik lank vasgeval.
  • Erkenning en oplossing: Jy besef jy het al weer dieselfde fout gemaak, aanvaar verantwoordelikheid, onthou die lesse van die vorige kere. Nou reageer jy vinnig en los die probleme op.
  • Vermy die slaggate: Nou is jy slim genoeg om nie weer in dieselfde slaggat te trap nie. Jy gaan oop oë deur die lewe, trap slim en die lewe is daarom beter.
  • ‘n Nuwe pad: Jy weet die ou pad is vol slaggate en pak daarom dinge op nuwe maniere aan want jou denke en perspektiewe is nuut. Daarom loop jy ‘n nuwe pad.

As ek na myself, besighede, politieke leiers en al ons landsprobleme kyk, is dit dikwels opvallend hoe die ou negatiewe patrone homself herhaal. Ons leer soms maar moeilik. Einstein het mos gesê dis malligheid om dieselfde ding oor en oor te doen, en dan ‘n ander resultaat te verwag.

Staan dalk so bietjie terug en kyk objektief na jou lewe. Vra jouself af: hoe kan ek die dinge wat ek doen, anders, beter en slimmer doen. Dit begin gewoonlik by insig, wat oorgaan in besluite en gevolglike nuwe aksies. En so navigeer ons ons lewens in ‘n nuwe rigting!

My kollega het die volgende gediggie aangestuur, en ek deel dit graag:

“There’s a Hole in My Sidewalk” – Portia Nelson

Chapter One

I walk down the street.
There is a deep hole in the sidewalk.
I fall in.
I am lost . . . I am helpless.
It isn’t my fault . . .
It takes forever to find a way out.

Chapter Two

I walk down the same street.
There is a deep hole in the sidewalk.
I pretend I don’t see it.
I fall in again.
I can’t believe I am in this same place.
But it isn’t my fault.
It still takes a long time to get out.

Chapter Three

I walk down the same street.
There is a deep hole in the sidewalk.
I see it there.
I still fall . . . it’s a habit . . . but,
My eyes are open.
I know where I am.
It is my fault.
I get out immediately.

Chapter Four

I walk down the same street.
There is a deep hole in the sidewalk.
I walk around it.

Chapter Five

I walk down another street.

Dis eenvoudig, tog nogal diep – dink so bietjie daaroor na.

Mooiste seënwense en hope genade – ons God is saam met ons op pad. Lewe daarom vernuwend en voluit!

Share