Category: Newsletter

  • Nuusbrief 2 in 2018

    Nuusbrief 2 in 2018

    Meeste van ons hou nie van probleme nie, maar dis deel van die lewe op planeet aarde. Karl Popper sê: “All life is problem solving.” Dalk is dit te sterk gestel, maar tog baie waar.

    Een van my oudkollegas, Peter Baumgardt, het my in die praktyk geleer: Een van die beste maniere om jouself relevant te hou, is probleem-oplossing. Toe ons mekaar leer ken het, was ek op daardie stadium ‘n probleem-vermyder. Ek wou die opwindende goed doen, dinge waarmee ek goed was. Probleme was te veeleisend. Nie Peter nie! Hy het probleme in die oë gekyk – van hierdie kant, van daardie kant af, van bo en onder, behoorlik ‘n sirkelvisie. En dan het hy vrae gevra, ver verby die voor die handliggende inligting. Als in ‘n poging om ‘n poging om ‘n beter of ander persepsie en perspektief te kry, baie keer van dinge waarvan hy geen kennis of ervaring gehad het nie. Hy wil altyd eers verstaan: wat is die feite, hoekom is dit so, hoekom nie? En dan het hy eers probeer terugstaan en dink. Maar uiteindelik het hy op sy pragmatiese manier gedruk vir praktiese antwoorde en oplossings sodat ons nie by die kwessie vashak en momentum verloor nie, maar kan vorentoe gaan. (more…)

  • Nuusbrief 1 in 2018

    Nuusbrief 1 in 2018

    Ek is onlangs gevra om op my seun se rampartytjie (bachelors), soos Oom Oubaas van Sewende Laan, ’n paar gevleuelde woorde te spreek. Ek herbewoord dit hier so bietjie en verwys na volwasse en proaktiewe menswees (eerder as man-wees). Dit gee vir ons ’n paar riglyne om in 2018 ons beste te kan gee. En natuurlik is ons in dit alles afhanklik van die Here se genade, en ook sy bemagtiging en krag deur sy Gees. (more…)

  • Nuusbrief 12 in 2017

    Nuusbrief 12 in 2017

    Ek ry onlangs na ‘n moeilike bergfiets wedren (Origin of Trails) terug na my kar toe. Ek kies toe sommer ‘n paar agterstrate agter Coetsenburg by die Landbou-geboue verby en sien ‘n treffende lewensprentjie wat my laat stop. ‘n Ou Oom en Tannie loop deur ‘n groentetuin en wys allerhande dinge vir mekaar, die deernis en konneksie met mekaar is duidelik sigbaar. Die oom wou blykbaar ‘n boer geword het, maar dit het toe nooit so uitgewerk nie. (more…)

  • Nuusbrief 11 in 2017

    Nuusbrief 11 in 2017

    Andy Stanley sê dat wanneer ‘n jongmens, spanmaat, lewensmaat met ‘n rewolusionêre idee kom, moet ons nie met “How?” (uitvoerbaarheid, kostes, probleme en kritiek) te reageer nie, maar eerder met “Wow!” (waarderend, energiek). En dan met die “wow!” kan ons kreatief-ondersoekend die idee verder bespreek en help uitbou. Só keer ons dat ons negatiewe kritici word wat terughunker na die verlede of vashou aan die veilige hede. Deur te lewe met ‘n “wow!”, bly ons studente van die lewe, wat soepel en oop die geleenthede en avonture aangryp en benut. (more…)

  • Nuusbrief 10 in 2017

    Nuusbrief 10 in 2017

    ‘n Mens se lewe is tot in ‘n groot mate die resultaat van jou besluite en keuses, en dan hoe jy daardie besluite in aksies, gewoontes, roetines, karakter en lewensstyl omsit. Dit is ook waar vir besighede, veral vir die leierskap en bestuur. Ons is voortdurend besig om besluite te neem, honderde daarvan per dag – wat jy sal aantrek, sê, doen, watter roete om te ry; en dan soms langer en mediumtermyn besluite. (more…)