Category: Newsletter

  • Nuusbrief 9 in 2011

    Ek het verlede Donderdagoggend (21/7) die voorreg gehad om op RSG die gas te wees op die gespreksprogram Praat Saam. Die tema was “Professionele Gedrag”. Dit was na aanleiding van ‘n artikel in Die By wat ‘n bylaag is by die koerante Die Burger en Die Beeld. Ek was aanvanklik huiwering, maar kon nie vir die geleentheid “nee” sê nie. Op die manier kon ek op een slag letterlik duisende mense beinvloed met koninkryksbeginsels sonder om spreekwoordelik “met my geloof op die mou te loop” of “mense met die Bybel oor die kop te slaan” nie. Ek het wel op ‘n natuurlike manier dit probeer kommunikeer dat ek ‘n Christen is.
    (more…)

  • Nuusbrief 8 in 2011

    Die afgelope paar dae was dit groot nuus dat ‘n koerant wat 168 jaar oud is, sy deure gaan toemaak weens skandalige gedrag. Hulle het mense se privaatheid geskaad deur in mense se stemposboodskappe in te breek. Dit lyk of sulke tipe skandes en skade in sowel frekwensie as impak toeneem. Onetiese gedrag en die gebrek aan lewens sonder gesonde waardes as basis vernietig lewens, gesinne en maatskappye en kan selfs lei tot resessies (weens oordrewe skuld en gierigheid) en die ineenstorting van ekonomieë (soos in Griekeland en Zimbabwe).
    (more…)

  • Nuusbrief 7 in 2011

    Tydens ons jeugdag-vieringe het ek my eie besinning oor ons jeug gehad. ‘n Mooi graad 11 seun (17 jr oud) bly sedert einde laasjaar by ons. Beide sy ouers se omstandighede is só dat hy nie by hulle kan bly nie. Dit is ons voorreg om vir hom die laaste twee jaar van sy skoolloopbaan ‘n huis en stabiliteit en liefde te bied. Sy vriendin, ‘n pragtige mens, het 4 half- of stiefsussies uit drie ander huwelike van haar ouers. Haar ma is pas verplaas en sy sal by mense loseer tot sy matriek voltooi het. Hoe graag sou hulle altwee stabiele gesinne wou hê…
    (more…)

  • Nuusbrief 6 in 2011

    Ek het onlangs ‘n videogreep op Youtube gekyk (sien “Technology – change”) wat met statistieke wys hoe vinnig ons wêreld verander – veral tegnologies maar ook prakties. ‘n Groot deel van die inligting wat ‘n student in sy eerste jaar op doen, is in sy finale jaar verouder – so vinnig vermeerder en verander die inligting.
    (more…)

  • Nuusbrief 5 in 2011

    Paasfees het ons opnuut bemagtig om voluit te lewe. Ons kon Paasfees (pass-over) vier met die verskering dat die doodsengel by ons verbygaan weens die bloed van die Lam! Jesus se dood en opstanding bring ons in die regte verhouding met ons God en gee ons oorwinning oor ons grootste vyand, die dood. Ons aardse liggame sal eendag sterf, maar ons eintlike lewe begin dan by die Vader. Die Paasgebeure gee jou ‘n tweede, derde en tiende kans om weer te begin as jy misluk het. En dit gee jou die sekuriteit dat jy oukei is by God, meer as oukei: jy is geanker in ‘n liefdesverhouding met Hom vir altyd!
    (more…)