Category: Newsletter

  • Nuusbrief 1 in 2012

    Meeste van ons se enjins is goed opge”start” vir die jaar. Dit vat mos so rukkie voor alles weer momentum het. Mag hierdie jaar vir jou vol nuwe geleenthede wees, mag jy dit raaksien en aangryp en in die besigwees jou vreugde en vrede behou!
    (more…)

  • Nuusbrief 13 in 2011

    Met 2011 se journey wat tot ‘n einde kom en die “vliegtuig” se wiele wat uitstoot en regmaak vir landing, wil ek ons almal aanmoedig om tot die einde wakker en nugter te bly. Veral noudat ons begin moeg word. Slaap genoeg, eet reg, sorg dat jy tyd maak om tussen-in te dink en te besin, lag genoeg, kry jou fisiese oefening in, hou jou spesiale tye met God vars en skerp, en hou moed. Só kan jy goed klaarmaak en gaan ontspan met ‘n geruste hart en met genoeg energie om oor die feestyd die spesiale mense om jou te geniet en plesier te gee.
    (more…)

  • Nuusbrief 12 in 2011

    Toe die vyfde persoon na mekaar afsprake met my herskeduleer, besef ek dat baie van ons hierdie tyd van die jaar skarrel om by alles uit te kom. Dis die laaste peilvak van die jaar. Ons energievlakke is laer, so ook ons toleransievlakke. Ons oordeelsvermoë neem in sulke tye ook af. Daarom is ‘n goeie reël dat jy nie in November groot besluite moet neem nie. Behou perspektief en wees ekstra goed vir die mense om jou, wat net soosjy dalk ook bietjie moeg begin raak. Bly gefokus, byt vas en gee jou beste, want die sukses van ‘n wedloop hang af hoe jy dit klaarmaak. En as jy vanjaar goed klaarmaak, begin jy volgende jaar van ‘n goeie plek af.
    (more…)

  • Nuusbrief 11 in 2011

    Ek het verlede week opnuut geleer dat ons die lewe moet geniet en vier. Een van die dinge wat my geruk het was ‘n fratsongeluk by ‘n kliënt se bouterrein. ‘n Opslagklip, waarskynlik vanuit die bande van hulle vragmotor, het ‘n passasier van ‘n aankomende voertuig tussen die oë getref en haar skedel gepenetreer. Sy is ‘n paar uur later dood sonder om die kans te kon hê om totsiens te sê.
    (more…)

  • Nuusbrief 10 in 2011

    Iemand wat ek geken het, is onlangs tragies oorlede in ‘n tref-en-trap ongeluk. Die mense na aan haar was baie geskok en hartseer. Na haar dood is gesteelde goed by haar en ook gesteelde goed in haar blyplek gevind. Dit het die afskeid gekompliseer en by die hartseer ook nog teleurstelling en ontnugtering gebring. Ek het opnuut besef dat ons moet nadink: wat gaan ek nalaat as ek nou skielik sou doodgaan, wat sal die mense om my van my uitvind? Wat sal hulle van my onthou? Maar die vraag is eintlik baie groter: Is my lewe ‘n lewe van integriteit, ook wanneer niemand sien nie?
    (more…)