Category: Newsletter

  • Nuusbrief 6 in 2012

    Hoop dit gaan goed aan jou kant! Soms, as ons so effens af voel oor ons lot, is dit goed om net so bietjie om ons te kyk. Die laaste paar dae hier in die Kaapstad-omgewing is meer as 5000 mense dakloos gelaat weens storms en oorstromings. Dis wanneer jy ander se moeilike realiteite sien dat jy besef dat dinge soos ‘n dak oor jou kop, klere om aan te trek, kos om te eet, gesondheid, werk, opleiding en opvoeding nie vanselfsprekend is nie, maar groot stukke genade. Daarmee saam kom ons verantwoordelikheid om te help waar ons kan. (more…)

  • Nuusbrief 5 in 2012

    Ek hoop dit gaan goed daar en dat jy ons Suid-Afrikaanse winter met ‘n warm hart hanteer!

    Praat van warmte: ek het die afgelope naweek ‘n kursus gedoen oor Transaksionele Analise (Parent-Adult-Child, en I’m Ok – You’re OK). Hulle verwys onder andere na “Strokes” en hoe belangrik dit is. ‘n Stroke is ‘n manier hoe jy vir mense wys dat jy hulle raaksien en hoe jy erkennig gee aan iemand se bestaan en doen en late. En dan sê hulle: “What you stroke develops“. Met ander woorde as jy net oor negatiewe dinge terugvoer gee, ontwikkel dit. As jy op die positiewe dinge fokus en vir mense vertel wat jy van hulle waardeer, sal dit ontwikkel en groei. Die rede? Mense wil raakgesien word, al is dit dan net vir die negatiewe dinge. Mag ons die positiewe in mense raaksien en erken, al is dit soms min! So raak ons ‘n positiewe faktor wat ander help groei en groei. (more…)

  • Nuusbrief 4 in 2012

    Dis met weerstand dat party van ons afskeid neem van die Somer en die Herfs omhels om so gereed te maak vir Winter. En tog, soos die ou wyse swartman Abram in die koue Potch my eenkeer tereggewys het, as ons nie Winter het nie, sal ons nooit die Lente en Somer kan waardeer nie. Ek het baie keer buite die universiteitsgeboue met hom gesels en só dikwels meer buite die “klaskamer” as daarbinne geleer.
    (more…)

  • Nuusbrief 3 in 2012

    My hoop is dat jy steeds in die Here se krag die verskil maak waarvoor jy geroep is. Daar is deesdae baie uitdagings in die werkplek en die lewe in die algemeen. Mag jy moed hou met die wete dat ons Here by jou is.
    (more…)

  • Nuusbrief 2 in 2012

    Wat onderskei suksesvolle mense van die ander? Daar is seker ‘n paar faktore. Maar een daarvan is om verantwoordelikheid te neem vir jou lewe en besluite, om proaktief te lewe. By ‘n mannegroep hoor ek onlangs die slagspreuk wat ek hoop ons almal sal toepas:
    (more…)