Category: Newsletter

  • Nuusbrief 4 in 2011

    Ek weet nie of daar al ooit ‘n tyd was in die wêreldgeskiedenis was, waarin die mensdom weens herhaalde natuurrampe so bewus geword het van die onvolmaatheid en die breekbaarheid van ons aardse bestaan. Met Japan se aardbewing, tsunami, bestraling en dreigende ontploffings van hul kernreaktors het ons weer as wêreld in skok ons hande saamgeslaan.
    (more…)

  • Nuusbrief 3 in 2011

    Die jaar is nog jonk en reeds het so baie gebeur. Die lewe is ‘n proses van gewone dinge, swaar dinge, en hoogtepunte. My bede is dat jy saam met Dawid in Ps 23 sing, glo, bely en ervaar “die Here is my Herder” – die Herder wat jou in ‘gewone tye’ lei, verkwik en in groen wievelde laat eet en laat drink by waters waar rus is (vv.1-3); wat in donker dieptes by jou is en met sy stok en staf veiig lei en beskerm (v.4); en uiteindelik vir jou by sy oorwinningsmaal sal uitbring waar jou beker sal oorloop en jou teenstaander moet toekyk (vv.5-6)
    (more…)

  • Nuusbrief 2 in 2011

    Wat ‘n voorreg dat ons Here in alles by ons is – orals! Dit is genoeg rede om met vrymoedigheid voluit te lewe. Mag jy in alles die Here se liefde en krag ervaar.

    Iemand sê die regering het ten minste een belofte kon nakom: die land het oraloor lopende water… Maar grappies op ‘n stokkie. Dit het my die laaste maand getref hoe baie ons hoor van oorstromings, vloede en natuurrampe (hier by ons, maar veral ook in Australië en in die Ooste), oorloë en politieke onrus (in Egipte, Tunisië, Ivoorkus, Jordanië…), en boonop word die effek van aardverwarming vir baie mense ‘n al groter werklikheid.
    (more…)

  • Nuusbrief 1 in 2011

    Ek vertrou 2011 het vir jou op ‘n goeie noot afgeskop en bid dat jy sal onthou wie jy is en dat jy elke dag toegevou in die Here se liefde is! Ons God en Vader bemagtig jou ook om blymoedig te wees en voluit te gaan om ‘n verskil vir Hom te maak. Hier is ‘n paar dinge wat kan help:
    (more…)

  • Nuusbrief 4 in 2010

    Hierdie tyd van die jaar is afskaal- en afsaaltyd. Mag dit vir jou en jou mense ‘n mooi tyd wees van rustig-word en saam-wees. Mag jy tussendeur reflekteer op 2010 en dankbaar feesvier oor die mooi wat gebeur het en ook lesse onthou wat jy geleer het. Wees ook waaksaam want dit is baie keer in hierdie tyd dat ons vyand, die duiwel, ons onkant vang deur moeilike situasies in (familie)verhoudinge en toetse op ons pad bring. Mag jou geestelike lewe deurentyd vars en skerp bly. Mag jy verfrissende tye met ons Here deurbring, en oral sy teenwoordigheid bewustelik ervaar.
    (more…)