Die einde van 2010 is in sig. En ons weet mos dis nie die Here se wil dat ons die laaste meer as 30 dae wat oor is, net moet uitwag, uit-rus of verduur nie, maar die wedloop met oorgawe en passie sal aanhou hardloop en besig sal bly met dit waarvoor die Here jou roep. Mag jy krag en inspirasie kry om dit te doen – vir Hom! Die groot ding is om in die Here se wil en droom vir jou te “wees” en dan van daaruit te “doen” waartoe Hy jou roep.
(more…)
Category: Newsletter
-
Nuusbrief 3 in 2010
-
September 2010
Die Lente is hier! So het my eie (Lente)verjaardag ook gekom en gegaan. Ja, sedert my laaste epos is ek ‘n jaar ouer (vanaf Sondag), ‘n volle 48 jaar jonk. En ek dank die Here vir gesondheid, fiksheid, energie, en drome…. Vriende van ons soos Patricia en Peter wat beide goed oor die 60 is en soos Kaleb in die Bybel voluit leef en bedien asof hulle 30 is, en mense soos Dr Louis Kroon (81), Mandela, Tutu en Mick Jagger (Rolling Stones) stel vir my ‘n standaard. Ons moet beplan om met ons lewens ver ander kant 80 nog aktief ‘n verskil te maak. In die Here se koninkryksplan is daar mos nie ‘n aftreeplan ingebou nie. En dis snaaks hoe gou mense “oud” word as hulle dink hulle is oud. Kom ons gee ons alles tot die laaste asem op aarde, waarna die beste voorlê!
(more…) -
August 2010
Baie van die mense met wie ek werk, sukkel, soos ek, soms om uit te figure “waarheen nou?” Maar ‘n teks soos Spr 4:18 gee so bietjie lig: “Die pad van die regverdiges is soos die helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal lig is”. (Lees ook Spr 4:23 dat jou hart jou lewe bepaal). Dus soms moet jy, met die regte beginsels en hartsgesindheid, volgens jou beste oordeel nou net die volgende regte treë gee en soos jy aangaan, word die pad al duideliker. Die laaste tyd is ek opnuut bewus van die volgende:
(more…) -
Julie 2010
Mag jy hier in die koue tyd van die jaar iets van die Here se warmte en koestering ervaar.
Die afgelope tyd was behoorlik vir ons land vol genadevolle hoogtepunte. Dit was wonderlik om te sien hoe swart en wit saamstaan om mense van regoor die wêreld te ontvang en ‘n wêreldklas toernooi aan te bied met slegs minimale voorvalle, asook ‘n groot afname in misdaad en bedrog, en dat mense-handel (human trafficking) teen verwagting grootliks gestop of verminder is. Dit was inderdaad ook die gevolg van baie gebede, asook goeie bestuur en organisasie. Die volgende staan vir my uit as positiewe gevolge:
(more…) -
April 2010
Wow, wat ‘n ervaring was die Argus toe nie! Jy is uitgelewer aan son, wind en hordes opdraendes en afdraendes. Die wind was die eerste helfte kwaai van voor en die tweede helfte vir groot dele van agter. Dit was so lekker om die res van die gesin op 2 plekke tydens die roete te kon hê om vir my en Ruan aan te moedig. So in die proses het ek baie geleer, ook op dieper vlakke, bv:
(more…)