Die jaar 2013 is nog jonk en vol belofte en geleenthede vir nuwe ervaringe, avonture en groei. Wat ookal jou omstandighede, lewensseisoen of ouderdom is, mag jy jouself ten volle oopstel vir dit wat God in hierdie jaar in jou en deur jou wil doen! Die Bybel sê mos: “Maak die beste gebruik van elke (Godgegewe) geleentheid (kairos) want ons lewe in ‘n goddelose tyd…†(Ef 5:16). En sy belofte is dat Hy elke dag saam met ons sal wees (Matt 28:20). (more…)
Category: Newsletter
-
Nuusbrief 10 in 2012
Ons is in die Wes-Kaap bevoorreg om met jou fiets deur van die mooiste plekke te kan ry. Ek het nou die dag besluit om met my fiets na ‘n bosberaad toe te ry (deesdae noem ons dit mos ‘n imbizo of ‘n indaba). Ongelukkig het ek bietjie laat weggekom. So bevind ek my toe, baie naby aan my bestemming met alles wat begin donkerder word na die son gesak het. Maar ek het lekker vir myself gelag toe ek ontdek dat ek nog my sonbrille op het. Na ek dit afgehaal het, lyk die hele omgewing skielik baie helderder en ek voel veiliger… (more…)
-
Nuusbrief 9 in 2012
Hoop dit gaan tuis en en by die werk goed met jou en jou menseverhoudinge hier in die laaste kwartaal van 2012. Dis veral in hierdie kwartaal wat mense moeg word en maklik mekaar verkeerd opvryf, geïrriteerd en gefrustreerd raak, dinge sê en doen wat mekaar seer maak. Ons neem ook soms dom besluite wanneer ons begin moeg raak.
Mag ons dit alles emosioneel intelligent hanteer. Hieronder is ‘n paar riglyne wat ek vir mense gegee het ná ‘n kursus oor emosionele intelligensie: (more…)
-
Nuusbrief 8 in 2012
Na ‘n regte koue winter hier in die Kaap sien mens uit na die Lente. Hier by ons word dit nie veel warmer in September nie – dit gebeur eintlik eers werklik in Oktober/November. Maar wat ons wel sien, is die tekens van nuwe lewe: botsels en bloeisels aan die bome, die son wat vroeër opkom en later ondergaan, én meer mense wat weer aktief raak met draf, fietsry, stap en piekniek hou. (more…)
-
Nuusbrief 7 in 2012
Soms maak dit mens benoud hoe vinnig die lewe verbygaan. So oor twee maande word ek 50. Dit maak dat ek bietjie oor my lewe en menswees nadink. Ek vra eksistensiële vrae oor die betekenis en sin van die lewe, my lewe. Ook vra oor my identiteit. Wie is ek, wie wás ek, wie is ek besig om te word? Ek het een oggend spontaan die stukkie hieronder daaroor geskryf. Hoop jy kan daarmee identifiseer. (more…)