Ek het verlede week opnuut geleer dat ons die lewe moet geniet en vier. Een van die dinge wat my geruk het was ‘n fratsongeluk by ‘n kliënt se bouterrein. ‘n Opslagklip, waarskynlik vanuit die bande van hulle vragmotor, het ‘n passasier van ‘n aankomende voertuig tussen die oë getref en haar skedel gepenetreer. Sy is ‘n paar uur later dood sonder om die kans te kon hê om totsiens te sê.
Die Bybel sê vir ons (Ef 5:16): “Maak die beste gebruik van elke geleentheid” (1983-vertaling) of “koop die tyd uit” (1933/53-vertaling). Ons lewe is meer as ‘n kontinuum van jare wat aaneenloop. Dit bestaan ook uit geleenthede, kairos-momente, wat kom en verbygaan. Dit kan benut word, geniet word, gebruik word … of verlore gaan.
Daar is deesdae ‘n nuwe term wat rondgaan: “mindfulness“. Dit is om nugter en bewustelik teenwoordig te wees, om die hier en nou te beleef. Dit is om bewus te wees van waar jy is en hoe dit regtig met jouself gaan, om regtig daar te wees as jy met ander praat, en om die mooi van die oomblik te geniet met jou hart, lyf én kop. Soms lewe ons nie regtig nie – ons oorleef, of nog erger: ons bestaan net, ons gaan net aan met ons dag tot dag dinge sonder om regtig daaroor te dink. Soos die ou wat op die vraag “hoe gaan dit met jou?” antwoord “ek weet nie, ek het het lanklaas gekyk”. Die ou gesegde “Cease the day” is uitgebrei na “…and enjoy the flowers on the way while you may!“.
So ‘n maand gelede bel ‘n dokter ons van die hospitaal in Stellenbosch om te sê ons seun Hanno opgeneem is weens ‘n slegte rugbybesering. Hy het sy kakebeen gebreek en moes dringend ‘n operasie ondergaan om met plate, skroewe en drade dinge weer aanmekaar te heg. Vir ‘n maand moes hy letterlik vasbyt – sy kakebene was aanmekaar vasgemaak. Hy moes kos met ‘n strooitjie deur sy tande suig (en so het hy selfs ‘n paar liquidised steaks gedrink), met geklemde tande praat, en kon simpel dinge, soos om sy lippe af te lek, nie doen nie. Wat ‘n lekkerte vir hom om nou skielik weer vrylik te eet en te praat – dinge wat ons maklik as vanselfsprekend aanvaar.
Toe ek vir Hanno vra wat het hy geleer uit hierdie ervaring, was hy eers huiwerig want hy hou nie van drie- of vyf- of tien-punt lesse nie. Maar ek kon darem die volgende (8 punte) by hom via epos hoor:
- Kom oor jouself en jou ego, en hou op bekommerd wees wat mense van jou dink.
- Dis oukei om so ‘n rukkie in sak en as te sit, maar dis nie oukei om daar te bly nie.
- Jy kan maar met God stry en stoei oor dinge wat nie gaan soos jy dit wil hê nie. Die beste deel van so ‘n ervaring is wanneer jy besef jy het die argument verloor en ontdek hoe skeefgetrek en foutief jou eie redenasies is.
- As mense swaarkry, is dit soms beter (en oukei) om saam met hulle te lag as om in ‘n “pittyparade” in te gaan en hulle verder af te trek. (Toegegee, Hanno het het ‘n baie goed-ontwikkelde sin vir humor en kon byvoorbeeld lag oor wat “vasbyt” in sy situasie beteken en grappe maak oor hoe die ander ou se knie moet voel.)
- Terugslae help jou om te vra “wat glo ek regtig?” en “hoekom glo ek dit?”.
- Soms is dit vir jou geloofslewe baie gevaarliker as dit goed gaan as wanneer dit sleg gaan.
- Die lewe nie bestaan uit ‘n klomp “quick fixes nie”. Die lewe is ‘n proses wat uit klomp prossesse bestaan.
- God stel meer in jou karakter as in jou gemak belang – in Engels: “God is more interested in your character than your comfort”.
Nogal diep vir ‘n jongman. Maar dit het my laat dink.
Drie weke terug vertel ‘n sakeman in ‘n coaching sessie hoe hy in die huidige ekonomiese situasie finansieel sukkel – die transaksies kom net nie af nie. In een sessie het hy opnuut gedefinieer wie hy is, hoe hy bedraad en ontwerp is, wat sy roeping is. In plaas van voortgaan om benoude spronge te maak, het hy sy fokus herstel na dit wat hy nou moet doen. Hy het gekyk na wat suksesvolle mense in sy veld tans doen en besin hoe hy daaruit kan leer. Binne een week het sy besigheid deur ‘n fenominale groeikurwe gegaan en drie groot transaksies is geteken. Dit was asof die Here net weer kom bevestig het wat hy moet doen. Dinge gebeur nie altyd so vinnig met ons almal nie, maar die les hieruit is: jou fokus is belangrik. Stephen Covey is reg as hy sê: “The Main thing is to keep the Main thing the Main thing” want sê iemand anders “where your focus goes your energy flows”. Kan ek jou vra: hoe gaan dit met jou fokus? Waarheen vloei die meeste van jou energie?
Ek verjaar vandag (26/9) en kyk met soveel dankbaarheid terug en soveel hoop vorentoe. Wat ‘n voorreg om die lewe te leef met die wete dat die Here in beheer is en dat hy saam met jou die pad stap deur dik en dun. My bede is dat ek meer bewustelik van sy genade, leiding en teenwoordigheid in my lewe sal lewe. Dankie vir julle almal wat deel van my journey is!
I have read with great interest about what you wrote and what you do. I can read Zuid Afrikaans ok because of my dutch background. I am the son of Jan Berend O. in Dedemsvaart.
I am a member of a Lutheran Church community in Longwood, FL. We are blessed with a very dynamic pastor, who actually grew up in a the Brethren community, mennonite influence I believe, he was working in the farming community but then got the calling to be become a pastor. Ststephen.org is the address and it might be interesting to listen to one of his sermons, to get a feel of what it is like in total different community. It is true how as a church and we as christians can make a difference in peoples life and serve in the Kingdom of God.
Much must have changed in the reformed church in S.Africa over time, to cope with all the changes in society, and to continue in faith with all the different influences.
I am also happily married with a ‘Dutch’ Brazilian, she grew up in Holambra, Brazil, a Dutch post 2nd war settlement of 80 families, mostly farmers and now mainly in the flower business. We are blessed with a son Michiel and a daughter Nicolette.
I hope you son is doing ok and tell him to go: “gestaeg oer die klippeties”.
I wish you and your family strength to continue the life journey.
Johan and Clara.