Category: Newsletter

  • Nuusbrief 6 in 2013

    Verlede Sondag het ek en my gesin ‘n week laat Vadersdag gevier – ons moes dit koördineer met die kinders se programme. Hulle het vir my ‘n groot kaartjie gegee, met foto’s en persoonlike briefies van waardering. Dit laat mens klein, maar dankbaar voel. Ryan, ons “leen-kind” wat tydelik by ons bly het my bedank vir my “pa-skap” oor hom en dat hy deur my die Here kon leer ken. Mooier woorde kon ek nie van hom hoor nie. Dis genade! Mag die Here die pa’s onder ons gebruik om ons eie en ander se kinders aan die Vader van vaders (die beste, grootste Vader) voor te stel en in ‘n verhouding met Hom te begelei. (more…)

  • Nuusbrief 5 in 2013

    Vroeër hierdie maand het ons Moedersdag gevier. Party skeptici voel dis onnodig want elke dag is mos moedersdag. Dis miskien waar ja – maar elke dag moet moeders kliphard werk sonder veel werklike dankbaarheid en erkenning. Meeste moet dubbele rolle vervul – een by die huis (vir man, kinders, huishouding) en een in die markpleine daarbuite (professioneel en energiek). Min kere stop ons regtig om te besef hoe baie sy doen. By mammas se begrafnisse word die mooiste goed gesê, maar ons hoef mos nie tot dan te wag nie! (more…)

  • Nuusbrief 4 in 2013

    Die laaste tyd het ek weer in my werk gesien hoeveel onmin en konflik ons kan kos. Ek is tans by twee organisasies betrokke om strydende partye te probeer help om mekaar te verstaan, vrede maak, hande vat en saam in dieselfde rigting te beweeg. Onmin en verdeeldheid verwoes vertroue, maak verhoudinge seer, steel lewensvreugde, en neem soveel kosbare tyd op. Dit kos letterlik duisende rande – omdat produksie afneem, meer mense siek word, medikasie geneem word, mense bedank, kliënte swak bedien word, intervensies benodig word wat tyd en geld kos… (more…)

  • Nuusbrief 3 in 2013

    ‘n Paar dae terug moes ek by ‘n ouditeursfirma oor “Onderhandeling” as ‘n professionele vaardigheid praat. Ek het my kop bietjie uitgesteek en die gesprek afgesluit oor die beste onderhandeling wat ooit plaasgevind het – in ons guns. God het sy Seun aan ‘n kruis laat sterf en uit die dood laat opstaan. Sy aanbod is dat dié wat in Hom glo, die ewige lewe sal ontvang. Wat ‘n bargain! Mag hierdie Paasfees jou opnuut onder die indruk van God se liefdes-aanbod bring. (more…)

  • Nuusbrief 2 in 2013

    Die nuus word die laaste tyd oorheers deur Oscar Pistorius se inhegtenisname en verhoor na die dood van sy vriendin, Reeva Steenkamp. Wat ‘n tragedie: beide jongmense se lewens is in ‘n oomblik vernietig, en families aan altwee kante gaan deur geweldige pyn! (“A moment of madness can cause a lifetime of sadness”). Oscar, die wêreld-held, word  deur dieselfde wêreld wat hom bewonder het, (regverdig of onregverdig) veroordeel. So vinnig, letterlik oornag, kan ons lewens verander – soms deur ons eie toedoen, soms deur dié van ander, soms deur ‘n onverwagte ongeluk. Mag ons vir beide families en vriendekringe bid en met empatie die verwikkelinge dophou! En mag ons seker maak dat ons geanker is, sodat wanneer die onheil kom, ons ons toevlug in die Here kan vind. (more…)