Category: Newsletter

  • Nuusbrief 11 in 2013

    DIe einde van 2013 is op ons. Die vraag is: hoe gaan ons dit klaar maak, hoe gaan ons die nuwe jaar binne stap?

    Verlede naweek het ek Die Burger se winderige 97km fietswedren gery. Ek moet erken: die laaste deel daarvan het ek gery om klaar te kry sodat ek kan rus. Maar dis nie hoe ek daarvan hou om te ry nie – ook nie hoe ek my lewe wil lei en hierdie jaar of my lewe wil klaarmaak nie. (more…)

  • Nuusbrief 10 in 2013

    Hierdie tyd van die jaar kom ek agter hoe moeg party mense is. Sommiges sê reguit hulle kan nie wag vir die Desembervakansie nie. By ander kom jy hulle moegheid agter in hoe hulle praat, vlakke van geirriteerdheid, oorsensitiwiteit en kort van draad wees. Die jaar het by baie sy tol geëis en nou voel die laaste paar weke wat voorlê, soms baie lank. (more…)

  • Nuusbrief 9 in 2013

    Ek hoop jy is nog vol moed vir die jaar se laaste drie maande! Hoe ons daaroor dink, gaan die grootste invloed hê – want hoe ons dink, bepaal immers hoe ons voel en optree. Die jaar is nog nie verby nie en vir sommige van ons mag dit die hoogtepunt van die jaar word.

    So elke nou en dan ontmoet ‘n mens geloofsreuse. Dr Louis Kroon, psigiater en uitstekende mentor en rolmodel, was so ‘n mens. Hy het ‘n suksesvolle praktyk in Durban bedryf en ‘n hoë lewenstandaard gehad, maar dit prysgegee toe hy in sy vroeg 40’s radikaal tot bekering kom. Na ‘n draai op die sendingveld, het hy in psigiatrie gaan spesialiseer omdat hy intens bewus geword het van mense se emosionele pyn. In die proses het hy egter ontdek dat mediese oplossings soos medikasie en hospitalisasie nie die oplossing is nie. Hy het toe ‘n praktiese Bybelse model van denke-vernuwing ontwikkel op voetspoor van die sielkundige Albert Ellis (google hom gerus) – die sogenaamde ABCDE van denk-verandering. Dit gaan daaroor om ou, disfunksionele, afbrekende, negatiewe gedagtes om te ruil vir opbouende, positiewe, beter gedagtes. Dus om deur God se oë en onder beheer van die Gees na dinge te probeer kyk. (more…)

  • Nuusbrief 8 in 20013

    “Resilience” (in Afrikaaans:  veerkragtigheid) is ‘n term wat toenemend in die besigheidswêreld gebruik word. Dit is jou vermoë om aan te pas, terug te bons of te herstel wanneer terugslae, veranderinge, teleurstelling, kritiek of probleme oor jou pad kom. In ons huidige samelewing met al sy kompleksiteite, oorlading van inligting, vinnige veranderinge en moeilike ekonomiese omstandighede kan veerkragtigheid jou nie net help om te oorleef nie, maar om gelukkig en gesond te funksioneer en sukses te bereik. (more…)

  • Nuusbrief 7 in 2013

    Die afgelope tyd het ek opnuut besef wat ‘n voorreg dit is om te mag werk. Maar ook dat werk (of nie werk nie) nie ons identiteit moet bepaal nie. As Christene lê ons identiteit in die eerste plek in die feit dat ek “’n geliefde kind van die allerhoogste God” is (aldus Bill Hybels). (more…)