Met al die baie vakansiedae, insluitend werkersdag en die verkiesingsdag agter ons, is dit nou hef aan voor vir meeste van ons. Die werkgewers is bly want nou kan produksie weer mooi op dreef kom – dÃt na vyf onderbroke weke waarin baie mense (insluitend base en bestuurders) met ‘n onderliggende vakansieluim gewerk het. Ek moes myself weer hard daaraan herinner dat werk ‘n voorreg is en dat ons dit in die eerste plek vir die Here doen, nie vir mense (base of kliënte) óf vir geld nie. (more…)
Category: Newsletter
-
Nuusbrief 4 in 2014
Ek hoop jy kan iewers in hierdie maand ‘n langnaweek neem om so bietjie te rus of te rits!
Aprilmaand is baie keer vir ons wat in die besigheidswêreld ons brood en botter verdien, ‘n moeilike maand. Dit het soveel vakansiedae dat dit dikwels die momentum ernstig versteur. Aan die ander kant dwing dit ons om so bietjie rustiger te wees en perspektief te behou. In die ou Israel is fees- en rusdae ingebou in die ritme van die jaar sodat mense nie sou vergeet waaroor die lewe regtig gaan nie. Party van die rustye was gekoppel aan die tyd van die jaar (bv. die oesfees) en ander aan hulle geskiedenis (soos die loofhuttefees) om hulle die lewe en God se betrokkenheid te laat vier. (more…)
-
Nuusbrief 3 in 2014
Ek hoop dat jy in al die besigwees soms tyd maak om asem te skep – ‘n tydjie om om jou en in jouself te kyk, om te beleef wat om jou aangaan, en die mooi en al die geleenthede raak te sien. Ons word so in ons dag tot dag bestaan en strewe vir oorlewing ingetrek dat ons soms ‘n deel van ons menswees afskakel – die deel wat lewenssin en betekenis gee, en mooi, estetika, konneksie, liefde en medemenslikheid kan ervaar. Ek hou van die slaagspreuk: Sieze the day and enjoy the flowers on the way while you may! (more…)
-
Nuusbrief 2 in 2014
My seun skryf op sy facebook: “Ek weet nie waarom almal so geskok is oor die DA/Agang ding wat nie gewerk het nie – ek is meer geskok oor die foto van twee middeljarige tannies wat mekaar soen op die voorblad van koerante. Never kiss on the first date!” (more…)
-
Nuusbrief 1 in 2014
Een ding kan jy van 2014 beslis weet: Oral waar jy gaan kom, sal God ook wees. Daarom bid ek vir jou: Mag jy ervaar dat die Here by jou is! En mag jy als saam met Hom aanpak. Geniet die avontuur, Â bly kreatief-ontdekkend en waag so bietjie!
Vanoggend lees ek oor Josef in die Bybel. Sy groot sukses-faktor was die volgende: “Die Here was met hom†(Gen 39:2, 21, 23). Als het nie so goed begin nie. Hy was nie baie bemind by sy broers nie want sy pa het hom bederf, hy het sy groot drome aan almal oorvertel, en stories na sy pa toe aangedra. Dit het daartoe gelei dat hy deur sy broers verag is en as slaaf verkoop is. Maar as slaaf, en later in die tronk, het die Here hom geseën met als wat hy doen: die Here was met hom, daarom het mense hom vertrou, en het hy sukses gehad. En so word hy die onder-koning van die magtige Egipte. (more…)