Category: Newsletter

  • Nuusbrief 10 in 2014

    Oral waar ek kom, is mense al weer aan die beplan en reël vir die volgende jaar. ‘n Deel van my wil daarteen rebelleer want dit voel daar is nog so baie in hierdie jaar oor om te leef en te beleef. Maar dis deel van die kuns van die lewe: (1) om die goeie van die verlede saam met jou te vat, (2) voluit die hede te beleef en in die nou die meeste van die geleenthede en uitdagings te maak, en dan ook (3) met verwagting na die toekoms te kyk en prakties te beplan. Ons is tydgebonde mense en die belangrikste bly steeds: om in die tyd, vandag, nou, voluit te lewe. (more…)

  • Nuusbrief 9 in 2014

    Daar is lewe en groei (en hope stuifmeel) in die lug! Uiteindelik het Lente sy kop uitgesteek (al is dit baie keer nog vrek koud) – dit is so mooi hier in die Kaap. Op my fiets sien ek hoe die fynbos sy mooiste kleure wys. Verder is ons pruimboom spierwit van die bloeisels. En oral sien ek hoe mense meer aktief raak: stappers, drawwers, fietsryers, branderplankryers, gimmers, tuiniers… Dis tyd vir groei en aktief raak! (more…)

  • Nuusbrief 8 in 2014

    Op pad in my kar tussen die mooi berge naby Franschhoek, het ek eendag diep gedink. Ek het myself deur die proses gevat om op ‘n diep vlak meer vrede te maak met die feit dat my lewe op aarde eendag sal eindig. Ek het besef: alles eindig – vakansies, weke, jare, reise, kursusse, rugbywedstryde, lewens… my lewe. Iewers blaas die eindfluitjie en is die reis of spel verby. Daar is ‘n “sell by date”. So ook die lewe op aarde. Om klaar te maak en totsiens te sê is soms moeilik, en tog normaal. Om krampagtig vas te hou aan dit wat ek hier het, al is dit kosbaar, is nie die oplossing nie en maak klomp onnodige angs. As ek vrede maak met my fisiese dood iewers vorentoe in die (nabye of verre) toekoms, kan ek myself soveel makliker oopstel om voluit in die hier en nou te lewe, om lief te hê en te gee, en my Skepper, ons Here te verheerlik. (more…)

  • Nuusbrief 7 in 2014

    Ek was onlangs aangenaam verras deur ‘n kliënt. Ek het ‘n werkwinkel vir die senior bestuur gefasiliteer en die onderwerp was etiek en waardes. Hulle moes antwoorde op moeilike etiese situasies gee. Elke keer was dit vanuit ‘n soliede basis van wat reg is, al was dit moeilik en soms baie kompleks. (more…)

  • Nuusbrief 6 in 2014

    Sjoe, dis bibber-koud hier met sneeu op die berge en nat, reënerige dae. Party van ons voel sommer misrabel en depro as die weer so lyk. Hulle noem dit seisoenale depressie. As jy dit het, moet jy dalk ernstig kyk na ‘nstrategie om dit te bestuur, want dit kan nogal ‘n mens se vlak van energie en vreugde ondermyn. Of miskien is daar iemand wat jy ken, wat daarmee sukkel? (more…)