Dankie dat ons in 2014 op hierdie manier in kontak kon bly. Mag jy die jaar goed klaarmaak en gereedmaak om met nuwe perspektief en hoop 2015 aan te pak!
Wanneer mens met nog ‘n kalenderjaar klaar maak, is dit goed om so bietjie terug te sit en na te dink oor dit wat agter is, dit wat nou is, en dit wat voorlê. Anders gebeur dit maklik dat jy afgestomp raak van dit wat ons “lewe†noem, dat jy later net oorleef, net bestaan… en so sin en betekenis verloor, die mooi by jou ongewaardeerd en oppervlakkig-beleef laat verbygaan, die seer en hartseer nie verwerk en klaarmaak nie maar onbewustelik saamsleep, en heellaas die toekoms onvoorbereid en ontoegerus binnegaan. Só word mens wel ouer, maar nie noodwendig meer volwasse, meer ervare en inniger en geestelik ryker nie – dis amper soos om sjokolade te eet en nie die smaak en tekstuur te proe nie, of om wyn te drink sonder om die aroma daarvan te ruik en die smaak behoorlik te proe en te ervaar nie. (more…)