Nuusbrief 12 in 2015

Ek praat ‘n paar dae terug met ‘n vrou diep in haar veertigs. Sy is twee keer geskei, het een man aan die dood afgestaan, is weens skuld op die swartlys en onder administrasie. Deur baie swaarkry, min geld en baie planne maak het sy in die proses vyf kinders grootgemaak. Sy is ‘n admin klerk en weens haar skuldprobleme besit sy nie ‘n kar of ‘n huis nie. Sy het geleer om elke keer weer op te staan – en soos sy dit noem, “sonder issues” aan te gaan. Tog is daar lewe in haar oë en kan sy lekker uit haar maag uit lag. Ek hoor nie bitterheid of minderwaardigheid nie. Net blymoedigheid, positiwiteit en hoop.

Die Bybel sê “dit gaan altyd sleg met ‘n bedrukte mense; die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees” (Spr 15:15)

My ma was ook so ‘n mens. Haar ma is 5 keer geskei, vir lang tye moes sy as kind by haar ouma of oom en tannie bly. Maar sy vertel my hoe hulle as kinders – vyf in totaal – as dinge swaar raak, saam kon droom. “Sê nou ons wen R1miljoen – wat sal ons doen? En as dit net R100 000 is? Of R10 000?” En dan na al die wensdenkerye, droomreise en droomkarre, en baie lag keer hulle terug na die harde realiteit van min kos en sekuriteit, maar geniet dan die bietjie wat hulle het met vreugde en dankbaarheid.

So was sy – ‘n blymoedige mens. Nie onrealisties nie, maar in die realiteite bly-moedig en positief. Selfs toe sy vir die tweede keer kanker kry, kon sy grappies maak. Sy sê byvoorbeel een keer vir ons na ‘n telefoon-oproep van my neef: “ai dis so lekker om dood te gaan want die mense sê sulke mooi dinge vir jou”. En daar lag ons almal, want dit was so onverwags om so iets by ‘n sterfbed te hoor.

Bly-moedigheid: om die lewe moedig aan te vat en in die proses lewensbly en vreugdevol te wees. Want blydskap is iets binne-in jou en iets wat die Here jou gee. Tog leer Filipense 4:4-9 dat blydskap ook ‘n keuse is. Deel daarvan is om al jou sorge en begeertes vir die Here oor te gee, waarna jy sal ervaar hoe sy vrede oor jou gedagtes en hart die wag kom en hou. Verder gebeur dit ook deur jou gedagtes te rig op dinge wat waar en reg en mooi is. En laastens vra dit ‘n lewe in lyn met sy wil vir jou. Dan ervaar jy dat die Here van vrede by jou is. Gaan lees bietjie die gedeelte mooi deur.

Dit lyk mee blymoedigheid en vrede gaan saam. My ouma het baie keer gesê: “’n tevrede mens is ‘n gelukkige mens”.

Die jaar is so te sê agter ons – wat ‘n voorreg om te kan lewe, te groei en te leer! Vir party van ons was dit ‘n tawwe en moeilike jaar vol hartseer en terugslae. Ander kyk terug op baie genade en seën en voorspoed. Tog kan ons almal in vertroue opkyk en dankie sê dat die Here nog by ons is met sy sorg en liefde.

Ek wil afsluit met ‘n geweldige mooi gedeelte in Matt 6:24-34 uit die Message Vertaling. Dit gee mooi beloftes en daag ons Westerlinge uit tot ‘n alternatiewe leefstyl:

25-26 “If you decide for God, living a life of God-worship, it follows that you don’t fuss about what’s on the table at mealtimes or whether the clothes in your closet are in fashion. There is far more to your life than the food you put in your stomach, more to your outer appearance than the clothes you hang on your body. Look at the birds, free and unfettered, not tied down to a job description, careless in the care of God. And you count far more to him than birds.

27-29 “Has anyone by fussing in front of the mirror ever gotten taller by so much as an inch? All this time and money wasted on fashion—do you think it makes that much difference? Instead of looking at the fashions, walk out into the fields and look at the wildflowers. They never primp or shop, but have you ever seen color and design quite like it? The ten best-dressed men and women in the country look shabby alongside them.

30-33 “If God gives such attention to the appearance of wildflowers—most of which are never even seen—don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you? What I’m trying to do here is to get you to relax, to not be so preoccupied with getting, so you can respond to God’s giving. People who don’t know God and the way he works fuss over these things, but you know both God and how he works. Steep your life in God-reality, God-initiative, God-provisions. Don’t worry about missing out. You’ll find all your everyday human concerns will be met.

34 “Give your entire attention to what God is doing right now, and don’t get worked up about what may or may not happen tomorrow. God will help you deal with whatever hard things come up when the time comes.

Mooiste wense vir die Christusfees wat voorlê. Mag jy iewers ‘n ruskans kry en jouself in die regte rat kry vir 2016 met al sy geleenthede wat God sal gee.

Hiermee groet ek eers – tot DV volgede jaar.

Share