Nuusbrief 1 in 2019

Hoop jou jaar het goed afgeskop! Die jaar 2019 het al die potensiaal om ‘n fenominale jaar wees – want God is saam met ons daarin. Maar ek en jy, as God se mede-skeppers van die toekoms, het ook ‘n rol te speel om die jaar se geleenthede reg te benut en te bestuur. In hierdie brief gee ek riglyne deur wat ek onlangs vir ‘n groep senior leiers gegee het met die oog op ‘n coaching gesprek. Ek glo dit kan ons almal baie help.

Moet asb nie in 2019 toelaat dat jou probleme (of uitdagings) jou verskonings word waarom jy nie doelwitte bereik nie. Bemagtig jouself met Filipens 4:13.

Die praktiese proses is (volgens Ray Dalio): (1) Dryf jou doelwitte; (2) Kyk jou probleme in die oë; (3) Diagnoseer die realiteite van die probleme; (4) Ontwerp die oplossings; (5) Implementeer die oplossings en bly intensioneel jou doelwitte najaag.

‘n Goeie raamwerk waarmee jy oor 2019 kan dink, is Positive Psychology se HERO-raamwerk as ‘n 4-punt proses tot maksimale geluk en funksionaliteit as mens. Gaan google dit gerus, want dit kan vir jou en die mense waarmee jy in kontak kom, baie waarde inhou. Oorweeg sterk om die volgende gesprek met jouself te hê:

  1. H – Hope: Dit is ‘n toekomsverwagting en ‘n oortuiging dat jy paaie/roetes na jou doelwitte toe kan kry. Mense met hoop en verwagting is gelukkiger, energieker en meer gefokus en suksesvoller.
    • Wat is die persoonlike uitkomste wat jy vanjaar wil bereik?
    • Watter doelwitte stel jy vir jou werk en rol vanjaar binne Intelichem? Wees SMART: spesifiek, meetbaar, aksie-gerig, realisties, en tydlyn gebasseerd in jou denke?
    • Prakties hoe gaan jy vanjaar jouself gefokus en gemotiveerd hou om jou doelwitte te bereik?
  1. E –  (self)Efficacy: Die oortuiging: “I have what it takes” of “I can get what it takes” om my doelwitte te bereik. Daarvoor moet jy realisties verstaan wat die jaar van jou gaan vra. En dan moet jy verstaan wat jou vermoë is om te doen wat gedoen moet word.
    • Watter vaardighede en vermoëns gaan die jaar van jou vra?
    • Ons steek gewoonlik net ons hand op vir dinge wat ons dink/weet ons kan baasraak. Hoe kan jy vanjaar buite jou gemaksones risiko’s neem al het jy nie nou alreeds al die “know how” en vaardighede nie?
    • Prakties: hoe kan jy jou self-twyfel (self-doubts) addresseer?
    • Ons almal het al bloutjies geloop en misluk. Hoe gaan jy jou mislukkings en teleurstellings van die verlede ander/beter etikette (labels) gee? Hoe gaan jy keer dat die herinneringe en emosies daarvan nie vanjaar in jou pad gaan kom staan nie?
  1. R – Resilience:  Die vermoë om terug te bons en in die “game” te bly as die probleme en terugslae kom. Volharding en vasbyt.
    • Wees realisties: Watter probleme en uitgdagings kan jy vanjaar verwag? (As ons nou daaroor praat, gaan dit jou nie onkant vang as dit kom nie.)
    • Prakties, hoe gaan jy staande bly en vorentoe bly beweeg?
    • Hoe sal jy improviseer en planne maak as gebeure of omstandighede jou planne omver gooi?
    • Wat is jou “deeper why?” (die diepste rede) hoekom jy doen wat jy doen? En hoe kan jy dit gebruik as die “pôpô die ‘fan’ tref”?
  1. O – Optimism: Die positiewe manier van dink oor die toekoms, bv. “al lyk dinge nie noodwendig nou so goed nie, ons is besig om ‘n positiewe toekoms te skep”. ‘n Interne lokus van beheer – om nie toe te laat dat omstandighede jou geluk en positiwiteit bepaal nie, maar om vanuit ‘n positiewe ingesteldheid omstandighede positief te omskep. Dit is om jou medemens en omstandighede te sien soos hulle/dit positief kan word. Interessant, dan word dit (meestal) só.
    • Hoe gaan jy vanjaar positief bly?
    • Hoe gaan jy die ander mense om jou help of beïnvloed om positief te wees?

https://positivepsychologyprogram.com/psychological-capital-psycap/

Mag jy in 2019 “Meer as oorwinaar” wees (Rom 8:37) en onthou dat nie ‘n gees van vreesagtigheid ontvang het nie, maar ‘n gees van krag, liefde en selfbeheersing (2 Tim 1:7). Kom ons gaan voluit!

Share