Jammer dat ek nou eers weer kontak maak. Dis nogtans lekker om so te kommunikeer. Ek hoop regtig dit gaan goed met jou … al is dit koud en al sê hulle ons is in ‘n resessie. Ten minste wen ons die rugby!
Continue reading Junie 2009
Blog
September/Oktober 2008
Dis lekker om weer uit my hart met jou te kan praat en sommer so spontaan te deel soos dit by my opkom. Ek hoop jy ervaar die seën van die Here daar by jou. In so uitdagende (en interessante) tyd met al sy politieke en ekonomiese skommelinge is dit lekker om te weet Wie ons Anker en sekuriteit is. Kom ons hou in die tyd nie op om vir genade en wysheid vir die land se leiers te bid nie.
Continue reading September/Oktober 2008
Die tien gebooie – tien beginsels
1. God is nommer een. Die Here is die enigste God – ek duld geen ander gode in my lewe nie.
2. Suiwer aanbidding. Dien Hom reg sonder afbeeldings, mensgemaakte rituele, wettisisme – ek kies om Hom in Gees en waarheid te aanbid en te dien (Joh 4), ‘n lewende verhouding met die lewende God in Jesus en onder leiding van die Gees.
3. Die Here se Naam. Sy Naam is heilig en as Christen (Christ-en) dra ek sy Naam – ek wil so lewe en praat, dat ek alles in sy Naam doen en sy Naam eer. Ek is ambassadeur van die koninkryk.
4. Die ritme tussen werk en rus. Werk voluit en rus genoeg op die regte manier. Daarmee saam: gereelde spesiale tye met God in sy teenwoordigheid. Sover moontlik saam met Hom spesiale tyd elke oggend, huisgodsdiens saam met jou gesin, Sondae erediens.
5. Gesag en orde. Respekteer die gesag wat die Here aangestel het, of dit ouers, leiers of base is. Lewe ordelik en met selfdissipline.
6. Lewe. Respekteer jou eie en ander se lewens – ook in die manier waarop jy bestuur, praat, eet en optree. Lewe in liefde en omgee vir ander. Bely en breek met haat, bitterheid, woede en agressie.
7. Huwelik, seks, reinheid. Wees getrou aan jou vrou en bou jou huwelik. Hou jou gedagtes skoon en vermy pornografie in enige vorm. Los ander vrouens uit – ook in jou gedagtes.
8. Besittings. Moenie vat wat jou nie toekom nie. Respekteer en beskerm ander se besittings, bestuur jou eie geld reg en goed. Wees dankbaar en tevrede met wat jy het. Moenie toegee aan mammon (geldgod) nie.
9. Die waarheid. Bly in liefde by die waarheid (Ef 4:15) sonder om dit te verdraai en sonder om onnodig seer te maak. Vermy skinderstories. Toets die waarheid. Onthou die duiwel is die “vader van die leuen”. Die waarheid in liefde maak vry.
10. Begeertes. Begeertes (passie) is goed, maar moenie ‘n ander ou se goed wil hê nie. Wees dankbaar en tevrede. Hou jou hart skoon, want dit bepaal jou hele lewe (Spr 4:23).