Wat ‘n voorreg dat ons Here in alles by ons is – orals! Dit is genoeg rede om met vrymoedigheid voluit te lewe. Mag jy in alles die Here se liefde en krag ervaar.
Iemand sê die regering het ten minste een belofte kon nakom: die land het oraloor lopende water… Maar grappies op ‘n stokkie. Dit het my die laaste maand getref hoe baie ons hoor van oorstromings, vloede en natuurrampe (hier by ons, maar veral ook in Australië en in die Ooste), oorloë en politieke onrus (in Egipte, Tunisië, Ivoorkus, Jordanië…), en boonop word die effek van aardverwarming vir baie mense ‘n al groter werklikheid.
Continue reading Nuusbrief 2 in 2011

